Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Algemene verkiesings is op 29 Mei 2024 in Suid-Afrika gehou om 'n nuwe Nasionale Vergadering sowel as die provinsiale wetgewer in elke provinsie te verkies. Dit was die sewende algemene verkiesing wat onder die voorwaardes van algemene volwasse stemreg gehou is sedert die einde van die apartheidsera in 1994. Die nuwe Nasionale Raad van Provinsies word tydens die eerste sitting van elke provinsiale wetgewer verkies.

Die verkiesing is gekenmerk deur 'n drastiese afname in steun vir die African National Congress (ANC), wat sy parlementêre meerderheid verloor het wat dit sedert die eerste post-apartheid verkiesing in 1994 gehou het, en die opkoms van uMkhonto we Sizwe (MK-party) onder leiding van oudpresident Jacob Zuma, wat nasionaal die derde plek ingeneem het.[1] Die sentristiese Demokratiese Alliansie het tweede gekom.

Op 14 Junie 2024 het die ANC, die DA, die Inkatha Freedom Party (IVP) en die Patriotic Alliance (PA), ingestem om 'n nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies word as President van Suid-Afrika.[2][3]

  1. "2024 ELECTIONS: eNCA Project ANC Will Take 45% Of National Vote". eNCA. 30 Mei 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2024. Besoek op 30 Mei 2024.
  2. Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024). "ANC and DA agree on South Africa unity government". BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
  3. "South Africa's National Assembly re-elects Cyril Ramaphosa as president". Reuters. 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search